Al verloor Elzaan haar sig, sal sy nie hoop verloor nie

February 23, 2026
2 minutes
By Impaq

In 2021 is my dogter, Elzaan, met retinale distrofie gediagnoseer. Sy is stelselmatig besig om blind te word. Sy het pas met haar hoërskoolloopbaan in ’n top hoofstroomskool begin en sy het nie die volle omvang van die diagnose verstaan nie. Sy het soos altyd aangegaan en haar beste gegee in sport en akademie, maar stelselmatig het haar oë verswak en die lewe moeiliker begin maak.

Elzaan wou nie een oomblik toelaat dat hierdie diagnose haar onderkry nie – inteendeel, sy werk harder as ooit om te bewys dat sy normaal kan aangaan, maar die realiteit van ’n tradisionele klaskamer het dit vir haar moeiliker gemaak om te werk soos sy voorheen kon. Agtergronde het alles begin oorheers en sy kon nie meer tussen kleure onderskei of sien wat op die bord geskryf word nie – selfs die lyne in haar skrifte het oor mekaar begin vloei.

Elzaan moes leer aanpas – nie net by die werklikheid van skoolwerk wat al hoe moeiliker word nie, maar as topatleet en kranige krieketspeler wat selfs vir die Noordwes onder 15- en later onder 16-spanne gekies is, moes sy hierdie liefdes ook prysgee. Binne ’n kwessie van 3 jaar het haar sig totaal agteruitgegaan met slegs 95% sig in haar regteroog en 85% in haar linkeroog. Nadat ons vele opsies ondersoek het, het ons besef dat tuisonderrig moontlik Elzaan se beste kans kan wees om haar skoolwerk te voltooi, en het ons Impaq as diensverskaffer gekies.

Die buigsame tye en pas waarteen Elzaan aanlyn kan werk op die Optimi Learning Portal en die feit dat sy weer na video’s kan teruggaan om dit op ’n groot skerm te kyk wanneer sy iets nie verstaan nie, asook die elektroniese boeke wat sy kan vergroot, het tot haar redding gekom.

Ready to make their future bright?

Join thousands of families who've trusted us to support their children's learning.
Choose the Impaq path, where learning is defined by your pace, space, and place.
© Optimi Schooling (Pty) Ltd
Powered by Creation Labs
 
Message us on WhatsApp
chevron-up