Ondersteun jou kind se matriekdoelwitte met Impaq se onderrigopsies

Het jy geweet dat jou kind hul matrieksertifikaat kan behaal sonder om 'n tradisionele skool by te woon? Impaq bied omvattende tuisonderrig- en aanlynskooloplossings wat by hul unieke behoeftes pas. 

Impaq help jou kind om optimaal voor te berei vir hul matriekeksamen met produkte wat belyn tot die nasionale kurrikulum (KABV), aanlyn hulpmiddels en die ondersteuning van toegewyde vakdeskundiges – alles binne ‘n veilige en ondersteunende leeromgewing. 

Twee opsies is beskikbaar afhangende van jou kind se behoeftes. 

Tuisonderrig: Ouers en leerders ontvang stap-vir-stap begeleiding, toegang tot 'n aanlyn portaal met lesplanne en hulpbronne, die nodige assesserings en lesmateriaal sowel as vooraf opgeneemde lesse wat leerders op hul eie tyd kan gebruik. 

Aanlyn skool: Hierdie opsie is ideaal vir die leerder wat hou van die struktuur van ‘n tradisionele skool. Jou kind woon daagliks regstreekse aanlyn klasse by en alle vakke word deur gekwalifiseerde onderwysers aangebied. Verder ontvang hul lesmateriaal, aanlyn toesig vir toetse en eksamens, en gemerkte assesserings met terugvoer. 

Ongeag watter opsie jy kies, kry jou kind – soos leerders in tradisionele skole – die kans om ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (matrieksertifikaat) te behaal wanneer hul graad 12 suksesvol voltooi het. Impaq is geregistreer by die Umalusi-geakkrediteerde assesseringsliggaam SACAI. 

Impaq se onderrigopsies is beskikbaar regoor Suid-Afrika. Dit maak aanpasbare onderrig moontlik vir leerders wat baat vind by ‘n meer persoonlike leerervaring en bied beide ouers en leerders gehalte sonder om hul behoeftes in te boet. 

Geniet die voordeel van wêreldklas ondersteuning, hoogstaande lesmateriaal en die gerief van leer in jou eie omgewing met Impaq. Besoek www.impaq.co.za of kontak hul by 087 405 2233 vir meer inligting. 

© Optimi Schooling (Pty) Ltd

magnifier linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram