Tuisonderrig deur Impaq help my om die waters van Europa te oorwin

Wanneer sy nie tyd saam met haar troeteldiere en familie spandeer nie, breek sy rekords in die swembad. Lara van Niekerk is ’n doodgewone tiener met ’n droom om wêreldwyd in swem te kompeteer. Sy het hierdie droom in ’n werklikheid verander.

Swemkampioen

Lara het vanjaar goud in die 50 meter borsslag by die Statebondspele gewen, ’n bronsmedalje in die 50 meter swemkompetisie by die Wêreldkampioenskap ingeoes, ’n nasionale 100 meter rekord behaal, en vier podium-plekke by haar eerste internasionale Mare Nostrum byeenkomste in Monaco, Frankryk en Spanje ingepalm! Sy het al hierdie indrukwekkende prestasies behaal terwyl sy haar skoolloopbaan deur Impaq voltooi.

“Dit is nie maklik om so ’n besige skedule te hê nie, maar ek glo dat ’n goeie opvoeding baie belangrik is. Jy kan slegs ’n paar jaar aan sport deelneem, en nadat jou sportloopbaan verby is, het jy iets nodig om op terug te val. Impaq laat my toe om my skoolwerk tussendeur my swem op my eie pas te bestuur, en help my geweldig baie!”

Skoolwerk en skedules

Lara sê die feit dat sy die vryheid het om haar tyd en pas self te bestuur is als te danke aan die buigsaamheid van tuisonderrig.

“Ek het elke Woensdag vanaf 12:00 tot 14:00 fisioterapie. Maandae, Woensdae en Vrydae voltooi ek twee swemsessies per dag. Dinsdae en Donderdae oefen ek in die gimnasium in die oggende en swem ek in die middae. Ek het ook ’n oefensessie op Saterdae, dus het ek in totaal 11 oefensessies per week.”

Haar vriende is ook vir haar baie belangrik en Lara verduidelik dat sy dit ’n prioritieit maak om tyd saam met hulle te spandeer: “Ek probeer altyd tyd maak vir vriende, al beteken dit dat ek net ’n vinnige 20-minute koffie-kuier kan doen. Ek glo dat dit belangrik is om steeds ’n sosiale lewe te handhaaf tussendeur die oefenure en skoolwerk. Ek probeer om elke dag aan my toekoms te werk, al kry ek party dae nie baie tyd vir my skoolwerk nie,” sê Lara.

Ná matriek beplan Lara om in haar pa se voetspore te volg en finansies te gaan studeer, met die oog daarop om eendag ’n finansiële adviseur te wees.

Maak skoolwerk maklik met Impaq

Impaq bied buigsaamheid, betroubaarheid en gemoedsrus vir Lara (en dalk ook jou kind) sowel as ’n aanlyn biblioteek van hulpbronne wat registrasie vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soveel makliker maak!

Om meer uit te vind oor die voordele van tuisonderrig en om by die grootste KABV-kurrikulumverskaffer vir tuisonderrig te registreer, klik hier of stuur ’n e-pos aan sales@impaq.co.za.

 

© Optimi (Pty) Ltd

magnifier linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram