Impaq bring vrede in ons gesin

November 13, 2025
1 minute
By Impaq

Ons gesin se besluit om Impaq Tuisonderrig te kies was nie een wat sommer ligweg geneem is nie. In 2018 het ons ’n insident by ’n dagsorg beleef wat groot skeidingsangs en angsaanvalle by my 2-jarige kind veroorsaak het. Dit was vir ons jong gesin ‘n omkeerpunt in ons lewe. Ons het toe reeds geweet dat tuisonderrig ons voorland is.  

Toe ons van Impaq hoor, het ons geweet dit kan vir ons die stabiliteit en veiligheid bied wat ons nodig het. By die huis kon ons ’n leeromgewing skep waar my kind veilig en gemaklik voel. Die gestruktureerde, maar buigsame program maak dit moontlik om leer op ons eie tempo aan te pas, en ons sien hoe ons kleinding se selfvertroue stadigaan herstel.

Impaq gee vir ons die vryheid om die dag rondom ons gesin se behoeftes te beplan, maar steeds seker te maak dat die leerpad sterk en duidelik is. Vir ons was dit die beste besluit – dit het nie net die druk van ons kind afgehaal nie, maar ook vrede in ons gesin gebring.

Ready to make their future bright?

Join thousands of families who've trusted us to support their children's learning.
Choose the Impaq path, where learning is defined by your pace, space, and place.
© Optimi Schooling (Pty) Ltd
Powered by Creation Labs
 
Message us on WhatsApp
chevron-up